top of page

BrandmerkSA hanteer die admin en registrasie van jou 

BRANDMERK

Brandmerk Steyn Groep Logo

498

Hoeveelheid Brandmerke reeds deur ons geregistreer

Vinnige, betroubare hulp met:

Registrasie

van jou brandmerk

Her-registrasie

van jou brandmerk

Oordrag

van jou brandmerk

Toerusting

Brandmerk /Bees Hantering

Diens aan die veeboer is ons beesigheid

Farmer with cattle

Fokus met gemoedsrus op jou boerdery - Ons spesialiseer in die registrasie van brandmerke en tatoeëermerke namens veeboere by die Departement van Landbou.

HE Steyn en sy span spesialiseer daarin om die registrasie, oordrag en her-uitreiking van brandmerke namens veeboere moeiteloos en vinnig te hanteer. Ons verstaan dat tyd vir boere kosbaar is, en daarom verseker ons ‘n doeltreffende proses met minimale administrasie. Met jare se ondervinding en ‘n toegewyde span, lewer ons ‘n professionele diens wat betroubaarheid en gemak vir elke kliënt waarborg.

Benewens brandmerkregistrasie bied ons ook ‘n reeks van hoëgehalte brandmerk- en beeshanteringstoerusting om jou plaaswerk makliker en doeltreffender te maak. Ons kliënte getuig van ons flink diens, uitstekende kommunikasie en die gemoedsrus wat ons bied deur elke stap van die proses met deursigtigheid en sorg te hanteer. Jou besigheid is in bekwame hande – laat ons jou help om jou diere vinnig en sonder moeite te registreer.

WhatsApp Image 2025-03-27 at 11.56.11.jpeg

Verwysings

Hier is terugvoer van tevrede boere regoor Suid-Afrika.

Salomè Scholtz- Vryburg

Beveel HE beslis aan - hy is vinnig en baie behulpsaam! Baie dankie vir my vinnige registrasie en al jou moeite met my dokumente!

Pieter Vorster - Barkley Wes

"Aanvangklik het ons baie opgesien vir die registrasie proses vir ons brandmerk, aangesien mense in ons omgewing ons gewaarsku het dat dit baie lank kan neem. Met hierdie dienste het ek direk na my oproep al die dokumente ontvang wat ingevul moes word. Ek het op 11 April 2024 die dokumente ingestuur en ek het op 19 April 2024 die brandmerk sertifikaat ontvang, na skaars ‘n week. Sal beslis dié besigheid aanbeveel vir almal wat brandmerk registrasies moet doen. Ons is baie beïndruk met die dienste wat ons ontvang het; daar is duidelik met ons gekommunikeer en ons registrasie is spoedig afgehandel."

LHC Voerkrale - Jeanine Classen

Registreer jou brandmerk sonder moeite. Dankie vir jou behulsaamheid en vinnige registrasie. Skakel HE Steyn vandag nog

DJ Strydom - Kuruman, Noord-Kaap

"Vanaf my eerste navraag tot my elektroniese sertifikaat in net 10 dae! Oorspronklike dokument per koerier oppad. Puik diens – beslis aan te beveel!"

Cow and calf

Reg om te registreer?

Algemene Vrae & Antwoorde

  • 2/3 weke vandat ons met u aansoek begin totdat u die sertifikaat per koerier ontvang.

  • Die departement se stelsel laat dit nie meer toe nie, die stelsel genereer dit outomaties. 

  • Ja, ons kan namens u die dokumente weer inhandig en opvolg totdat ons u sertifikaat ontvang. 

  • Oordrag, nuwe aansoek of her-uitreik van brandmerk: 

     

    Hier is hoe die proses werk: 

     

    Ek benodig van jou ‘n bewys van adres en ID afskif. 

    Ek stuur vir jou ‘n volmag vorm wat jy moet invul en teken - dit magtig my om die proses namens jou te hanteer. Ek stuur ook ‘n Google doc waarop jy al jou inligting invul. Ek gebruik dit om jou aansoek te proseseer. 

     

    Die fooi is R1350 dit sluit jou koste aan die departement in, ek betaal dit namens jou en handig die bewys van betaling saam met die ander dokumente by die departement in. Ons handig in Pretoria in by die departement en ons volg jou aansoek totdat ons suksesvol is. 

     

    Ek koerier jou sertifikaat na jou toe, ek laat nie die departement dit Pos nie. Koste sluit die koerier koste in. 

     

    Ons probeer binne 1/2 weke als af te handel. 

     

    Ek kan vir jou ‘n brandmerk registreer op jou persoonlike naam of vir ‘n maatskappy / BK. Benodig ook die BK registrasie sertifikaat. 

     

    Die merk is vir groot en klein vee. 

     

    Ek kan jou ook help met brandmerk en bees hantering toerusting. 

     

    Indien jy wil hê ek moet jou help met jou aansoek kan ek vir jou als e-Pos. Laat weet gerus. Ek benodig, naam, van en e-Pos adres om te begin.

bottom of page