top of page
HE Steyn

Meer Oor My

Ek is HE Steyn, gebore in die distrik van Bothaville, waar ek in ‘n familie van saai boere grootgeword het. My liefde vir vee boerdery het al as klein seuntjie begin toe my eerste troeteldier ‘n kalf op die plaas was. Vandag boer ek self met beeste en is ek daagliks betrokke in die vee bedryf.

 

My pad in hierdie bedryf sluit die bemarking van aanteelvee, die bestuur van kliënte se bees- en skaapkuddes, asook die prosessering van vee namens kliënte in. Uit hierdie betrokkenheid het my brandmerkregistrasie diens ontstaan, en ek spits my daarop toe om boere by te staan met akkurate en wettige registrasies. Verder verskaf ek beproefde toerusting om jou boerdery meer doeltreffend en gemaklik te maak.

 

Ek glo vas dat God ons as rentmeesters oor Sy skepping aangestel het – tot Sy eer en glorie. Omdat ek Jesus Christus as my Redder en Here aangeneem het, is dit my strewe om in alles Sy koningskap oor my lewe te erken en te eer. Daarom leef ek volgens die wysheid van Spreuke 27:23:

 

"Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het, gee aandag aan jou veetroppe." – Spreuke 27:23 (AFR83)

 

Dit is my passie om boere te ondersteun in die suksesvolle bestuur van hul vee – met integriteit en kundigheid.

bottom of page