
Kliënt Verwysings
Hier is terugvoer van tevrede boere regoor Suid-Afrika.
Beveel HE beslis aan - hy is vinnig en baie behulpsaam! Baie dankie vir my vinnige registrasie en al jou moeite met my dokumente!
Salomè Scholtz- Vryburg
Registreer jou brandmerk sonder moeite. Dankie vir jou behulsaamheid en vinnige registrasie. Skakel HE Steyn vandag nog.
LHC Voerkrale - Jeanine Classen
Ek was raadop. Kon nerens regkom. Toe kry ek n advertensie van n vriend uit die Vrystaat en dit was 3 dae toe het ek die registrasie. Ek beveel Mnr Steyn verseker aan. Maklike aansoek, vinnige reaksie en terugvoering. Vriendelike diens.
Karina Erasmus - Kathu
Baie goeie diens. Het maandag aand my dokumente ingestuur vir hom en donderdag my registrasie vir brandmerk bevestig. ñ Week later my registrasie per courier by my huis afgelewer. Sal beslis aanbeveel.
Jurogro Agri - Hartswater - Annemarie Grobbelaar
Ek het op Faceboek navraag gedoen rakende die registrasie van ‘n brandmerk.
Die volgende dag het ek ‘n boodskap ontvang van Hendrik Steyn.
Ons het met mekaar begin gesels en inligting uitgeruil.
Binne vier dae was my brandmerk geregistreer en het ek ‘n afskrif daarvan ontvang.
Ek wil dankie sê vir jou betroubare, vinnige, flinke en vriendelike diens.
Ek sal Hendrik Steyn beslis aanbeveel aan enige persoon wat die behoefte het om ‘n brandmerk te registreer.
Hendrik beskik ook oor alle toerusting wat jy mag benodig met die brand van jou diere.
Kobus Vermaak
Aanvangklik het ons baie opgesien vir die registrasie proses vir ons brandmerk, aangesien mense in ons omgewing ons gewaarsku het dat dit baie lank kan neem. Met hierdie dienste het ek direk na my oproep al die dokumente ontvang wat ingevul moes word. Ek het op 11 April 2024 die dokumente ingestuur en ek het op 19 April 2024 die brandmerk sertifikaat ontvang, na skaars ‘n week.
sal beslis dié besigheid aanbeveel vir almal wat brandmerk registrasies moet doen.
Ons is baie beïndruk met die dienste
wat ons ontvang het; daar is duidelik met ons gekommunikeer en ons registrasie is spoedig afgehandel.
Pieter Vorster - Barkley Wes
Baie dankie HE Steyn, van Steyn Groep Lewendehawe Dienste, vir jou flink, vinnige diens. Jy het die aansoek vir n heruitreiking van my Brandmerk Sertifikaat in rekordtyd afgehandel. Dankie vir die digital afskrif daarvan en dat jy selfs die oorspronklike sertifikaat per koerier vir my stuur. Jou kwotasies vir n brandyster, brandysteroond, tatoeërtang, letters en ink, maak die proses vir my nog makliker. Regtig n plesier om met jou besigheid te doen.
Ek sal enigiemand aanbeveel om van jou puik dienste gebruik te maak.
John Pienaar - VRYBURG
Steyn Groep Lewendehawe se diens is uitstekend. Baie dankie vir goeie kommunikasie deur ons deurentyd op hoogte te hou met die registrasie proses. Ons sal beslis nuwe kliente na jul verwys in die toekoms.🥇
Maningi Barak Boerdery
Hartswater
Wil net hiermee baie dankie sê aan HE Steyn vir die hantering van die registrasie van my brandmerk. Vanaf my eerste navraag tot datum waar elektroniese registrasie sertifikaat in my hand is, slegs 10 dae. Oorspronklike dokument oppad per koerier. Puik diens, kan hom defnitief aanbeveel
DJ Strydom, Distrik Kuruman Noord-Kaap
Hiermee sê ek dankie aan Hendrik Steyn vir al die vlugtige terugvoering oor ons brandmerk registrasie. Hy het regtig uit sy pad uit gegaan om ons te help.
Hy is baie geduldig en weet wat hy doen/waarvan hy praat. Ek sal defnitief hom aanbeveel weens die puik diens. Ons dokumente is per courier gestuur.
Charnélle du Preez, Mpumalanga, Lydenburg
HE, baie dankie vir jou hulp met die brandmerk sertifikaat,ek het nie gedink dit sal so vinnig wees nie,3dae toe het ek my brandmerk.dit wil gedoen wees.Ek gee jou 10 uit 10.
Duncker Reynecke - Lichtenburg
Applied for a re-issue of an animal ID.
His service was fast, efficient and professional.
Richard, Kareedouw EC.
Ek wil graag net vir jou baie dankie sê vir jou flinke diens mbt my aansoek vir my brandmerk vir my beeste. Baie flinke diens van jou ontvang. Dit is 'n plesier om met jou saam te gewerk het. Ek is eerlik as ek sê ek het dit nie so vinnig verwag nie. Hou so aan jy sal beloon word.
Petro Crous - Schweizer-Reneke
• Uitstekende diens
• Vriendelik en behulpsaam
Malherbe Boerdery
Jan kempdorp
Goeie dag Hendrik
Ek wil net weereens jou bedank vir die uitstekende diens en ongekende tydsduur om die registrasie af te handel. Ek is baie beindruk met dit en sal vir enige iemand jou aanbeveel. Dankie
Jerome Kent - Queenstown
Baie goeie diens gelewer,brandmerk baie vinniger gekry as verwag word , sal H.E Steyn aan enige iemand aanbeveel wat met iets in soorgelyk wil doen.
(Aansoek gedoen tydens Hannes se stroop seisoen in Amerika.)
Hannes Rall - Ottosdal.
Die diens was uitstekend en verbasend vinnig.
Sal jou definitief aanbeveel🤝
Cobus van Tonder - Coligny
Baie dankie vir jou flink en vinnige diens. Waardeer dit en sal jou beslis aanbeveel.
Monica Joubert - Johanka Boerdery - Hartswater
Ek wil net graag Die Steyn groep, Lewende hawe dienste bedank en komplimenteer vir 'n uitstekende diens sonder moeite. HE het my brandmerk registrasie in rekord tyd afgehandel siende dat dit kerstyd ook is. Ek sal hulle dienste enige tyd aanbeveel. Baie dankie HE.
Pieter Pretorius - Koster
Baie goeie diens. Vinnig en geen moeite.
Jaco Steenkamp - Hartswater
Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir jou baie dankie te se vir die puik diens!! Weereens Baie dankie,
Faan Korff - Molteno - Oos Kaap
Middag HE.
Baie duisende dankies vir jou spoedige en flukse diens. Jou woord is jou eer. Ons waardeer jou dienste opreg en sal beslis weer daarvan gebruik maak of ander boere na jou toe verwys.
JE van Zyl - Vredenburg
Wil net vir jou en jou span sê baie dankie vir die uitstekende en spoedige diens met die oordrag van my brandmerke. Eersteklas diens eerlikwaar en binne n week en n half is omtrent spoedig🏆 Beter is daar beslis nie. N baie groot dankie aan jou en jou span.
Jacques Steyn - Diamondback Ranch 🦬 Christiana NW
1. It is with great satisfaction that Iwould like to recommend the above group. They provided an excellent service to me.
2. I used them to register an animal identification mark at the Department of Agriculture in March of 2025. They responded promptly to my inquiries and informed me of the process required. Documents was uploaded and filled in online, it was easy to do. I was informed of the progress and was notified after the registration was done. In my opinion they did an excellent job and the process was fast. Iam very satisfied with their service.
3. I would highly recommend the services of Mr Steyn and his group. Please feel free to contact me for any additional information.